Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou glo bedwelm en gedwing om as prostituut te werk
Depressed woman sitting on bare floor
Foto ter illustrasie

Die Valke het ’n deurbraak gemaak in ’n saak waarin ’n vrou glo met dwelms ingespuit en gedwing is om as ’n prostituut in Bloemfontein te werk.

Die 34-jarige vrou is glo op 8 Januarie ontvoer en nog dieselfde aand gedwing as prostituut te werk voordat een van haar kliënte opgelet het dat sy huil en haar na die naaste polisiekantoor geneem het.

Die saak is die verlede Woensdag by die Valke aanhangig gemaak, waarna ’n 19-jarige man Vrydag op klagte van mensehandel en seksuele uitbuiting in hegtenis geneem is.

Luidens ’n verklaring van die Valke wou die vrou van Botshabelo na Johannesburg reis. Terwyl sy omstreeks 20:40 vir ’n trein in Bloemfontein gewag het, het ’n man en vrou haar genader. Hulle het haar omgepraat om saam met hulle na hul woonstel te gaan, waar sy denimbroeke kon koop.

’n Derde kliënt het egter besef iets skort toe die vrou huil en haar na die Parkweg-polisiekantoor geneem.

By ’n huis in Zastronstraat het die paartjie geweld gebruik om haar met dwelmmiddels in te spuit. Hulle het haar later die aand as prostituut laat werk en by twee kliënte geld ontvang.

’n Derde kliënt het egter besef iets skort toe die vrou huil en haar na die Parkweg-polisiekantoor geneem.

Sy is kort daarna in ’n plaaslike hospitaal opgeneem, waar sy die aand deurgebring het.Die volgende oggend het die polisie haar na die huis in Zastronstraat vergesel om haar besitting terug te eis.

Niemand is toe in hegtenis geneem nie, maar die Valke en die polisie se honde-eenheid het Vrydag teruggegaan en op die huis toegeslaan.

Die vrou het die 19-jarige verdagte uitgeken. Nóg twee verdagtes word in verband met die saak gesoek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Dwelms  |  Prostitusie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.