Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou glo Donderdag in hof ná een van tweeling ontvoer is

Die omstandighede van die inhegtenisneming van ’n 18-jarige vrou, wat met die ontvoering van ’n tweelingseuntjie van twee maande oud in Parow, Kaapstad verbind word, word tans deur geheimsinnigheid omhul.

Die ontvoerde babaseun, Kwahlelwa Tiwane, was teen Woensdagmiddag nog nie opgespoor nie, en die vrou sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Bellville verskyn.

Kwahlelwa Tiwane
Die baba Kwahlelwa Tiwane. Foto: SAPD

Netwerk24 het vroeër berig dat sy vermeende ontvoerder die tweeling se ma, Asanda Tiwane, glo op Woensdag 15 Januarie oortuig het dat sy ’n maatskaplike werker is.

Kol. Andrè Traut en sers. Noloyiso Rwexana van die Wes-Kaapse polisie wou nie Woensdag bekend maak waar en wanneer die vrou in hegtenis geneem is of wat presies haar verbintenis met die saak is nie.

Rwexana het gesê die ondersoek is tans in ’n sensitiewe stadium en sy wou ook nie die aanklagte teen die vrou bekend maak nie.

In haar antwoord aan Netwerk24 het Rwexana gesê ’n persoon is ondervra, maar nie in hegtenis geneem of aangekla nie. Die vrou verskyn egter Donderdag.

Die saak spruit uit die ontvoering van Kwahlelwa toe die “maatskaplike werker” by sy ouerhuis in Khayelitsha opgedaag het, en hul geboortesertifikate en kliniekkaarte wou sien.

Die vrou het die volgende dag teruggekeer en die ma en die babas is saam met haar in ’n taxi na Parow, waar die vrou se kantoor kwansuis is.

Toe die taxi stilhou, het die vrou met Kwahlelwa in haar arms uit die taxi gespring en weggehardloop.

Enigiemand met inligting word gevra om sers. Joy Sumsodien by 082 522 1095 te bel of om die Stop Misdaadnommer by 0860 010 111 te skakel.

Meer oor:  Kwahlelwa Tiwane  |  Parow  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.