Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou glo verkrag ná sy met ‘werk’ na SA gelok is

’n Jong man verskyn Vrydag in die landdroshof in Bethlehem nadat hy na bewering ’n vrou met die belofte van ’n werk vanaf Lesotho na Suid-Afrika gelok en haar toe glo verkrag het.

Die 23-jarige man het die vrou na bewering ook van haar geld en selfoon beroof.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, sê die 24-jarige vrou het haar vermeende verkragter op Facebook ontmoet en hy het haar glo ’n werk by ’n restaurant in Bethlehem beloof.

Vroue en kinders is die kwesbaarste teikens op sosiale media en diegene wat mense aanlyn ontmoet, moet seker maak hulle ontmoet nie die mense alleen en op afgeleë plekke nie.

Die vrou het Woensdag vanaf Lesotho na Bethlehem gereis en die man glo omstreeks 20:00 by die restaurant ontmoet. Hy het haar na bewering met ’n mes gedreig en verkrag.

Volgens Lebakeng het die man daarna geld geëis, die vrou se handsak deursoek en met haar selfoon en kontant gevlug.

’n Verbyganger het die vrou gekry en haar gehelp en na die Bethlehem-polisiekantoor gebring waar sy die voorval aangemeld het.

Konst. Tshepo Mphuthi, wat aan diens was in die aanklagkantoor, het die vrou se verklaring afgeneem en ’n soektog na die man op Facebook begin. Nadat hy hom opgespoor het, het hy hom omstreeks 23:30 by sy huis in hegtenis geneem.

Die vrou se selfoon is teruggevind.

Die man sal op aanklag van verkragting en roof in die hof verskyn.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van die Bethlehem-polisiëringsgebied, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede wat tot die inhegtenisneming gelei het.

“Ek is dankbaar dat die verdagte vinnig aangekeer is. Ek doen ’n beroep op vroue om nie goedgelowig teenoor vreemdelinge te wees wat hulle op sosiale media ontmoet nie.

“Vroue en kinders is die kwesbaarste teikens op sosiale media en diegene wat mense aanlyn ontmoet, moet seker maak hulle ontmoet nie die mense alleen en op afgeleë plekke nie.”

Meer oor:  Slenter  |  Verkagting  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.