Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou hang glo haar 2 seuns, neem eie lewe

Die polisie in KwaZulu-Natal het Maandag op ’n grusame toneel in ’n woongebied naby Durban afgekom waar ’n ma van twee seuns hulle oënskynlik opgehang het, waarna sy ook haar eie lewe geneem het.

“Die oorledene se twee minderjarige dogters (10 en 12 jaar oud) het Maandagoggend op die lyke van hul ma en boeties, twee en drie jaar oud, in hul huis in Verulam afgekom,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

“Hulle het aan bedlakens aan die balke van een van die kamers in die huis gehang,” sê Mbele.

Nooddiensvoertuie Maandag in Verulam waar ’n ma haar twee seuntjies opgehang en haar eie lewe geneem het. Foto: Prem Balram

Hulle was reeds dood toe die geskokte kinders om hulp na die bure gehardloop het.

Volgens Mbele is die twee dogters, wat vroeër die oggend deur die ma na ’n nabygeleë snoepwinkel gestuur is om geld te gaan leen, deur paramedici vir vergiftiging behandel.

“Die oorledene het hulle vermoedelik gif gegee om te drink,” sê Mbele.

Geen verdere inligting oor hul toestand was onmiddellik beskikbaar nie.

“Die bure het die ma voor die voorval gesien en gesê dat sy nie tekens van depressie getoon het nie. Die bure het hul lyke van die balke afgehaal,” sê Prem Balram, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy, Reaction Unit South Africa, wat ook na die toneel ontbied is.

“Die dogters is deur hul ma aangesê om eerder nie skool toe te gaan nie. Toe die reaksiebeamptes net ná 12:00 by die huis opdaag, het hulle die ma op die vloer en die kinders op ’n bed gevind. ’n Bedlaken, wat gebruik is om hulle te hang, is vasgebind om die kinders se nek gevind,” sê Balram.

Die polisie ondersoek die voorval.

Omstanders op die toneel waar twee minderjarige dogters Maandagoggend op die lyke van hul ma en boeties in hul huis in Verulam afgekom het. Foto: Prem Balram
Meer oor:  Kwa Zulu-Natal  |  Verulam  |  Tragedie  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.