Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou huur glo neefs om haar man te vermoor

’n Vrou van Ficksburg het na bewering haar twee neefs as huurmoordenaars aangestel om haar man vir R10 000 te vermoor, blyk dit uit die klagstaat in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Daarvolgens het Duduzile Khobotlo (36) na bewering ’n deposito van R2 000 aan haar neefs, Tshepo Blankwe (23) en Tebhoho Matona (30), betaal om haar man, Lentsoe Khobotlo (40), se lot te verseël.

Duduzile word daarvan aangekla dat sy haar man op 14 Desember verlede jaar buite hul huis in die Meqheleng-woongebied by Ficksburg laat vermoor het.

Sy was glo die enigste begunstigde van verskeie lewenspolisse van haar man.

Die staat beweer die drie het sedert Oktober beplan aan die moord op Lentsoe sodat Duduzile die geld uit die polisse kon kry.

Duduzile het glo haar neefs in Oktober verlede jaar genader om haar man te vermoor. Sy het glo aan hulle voorgehou dat Lentsoe haar mishandel en dat hy van plan was om van haar te skei.

Die dag van die moord het die twee mans glo vir Lentsoe by sy huis ingewag. Toe hy tuiskom het die twee hom by die hek doodgeskiet, beweer die staat.

Blankwe het ’n bekentenis afgelê oor almal se rol in Lentsoe se skietdood.

Die staat beweer Duduzile het Blankwe ná sy vrylating op borgtog herhaaldelik gebel. Sy het hom glo gesmeek om die polisie nie van haar rol in die moord te vertel nie.

Blankwe het glo die foonoproepe opgeneem en aan die polisie gegee.

Die drie verskyn einde vandeesmaand in die rondgaande hooggeregshof in Bethlehem op aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg, bedrog en regsverydeling.

Meer oor:  Duduzile Khobotlo  |  Ficksburg  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.