Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in aanval op kleinhoewe doodgeskiet
Marlet en Manie Entres. Foto: Facebook

’n Vrou is Sondagoggend in die Kameeldrift-omgewing in Gauteng op hul kleinhoewe in haar bors geskiet. Sy is op die toneel dood.

Marlet Entres (61)en haar man, Manie, was tuis toe twee gewapende rowers Sondag omstreeks 02:00 toegang tot hul huis verkry het.

Marietjie Peense, die egpaar se vriendin, sê dit blyk hulle het wakker geword toe die twee honde erg begin blaf het.

Volgens Peense het die rowers een van die honde in die huis ook raakgeskiet.

Sy sê Manie en die gemeenskap is nog erg geskok en getraumatiseerd oor wat gebeur het.

“Manie en sy vrou huur die plaas. Ek weet nie of die rowers gedink het hier is baie geld of ander besittings nie. Wat gebeur het is heeltemal sinneloos. Ons is verpletterd,” sê Peense.

Sy wou haar nie verder oor die voorval uitlaat nie.

Manie is ’n brandbestryder en die ondervoorsitter van die Roodeplaat Brandbeskermingsvereniging (BBV).

Die BBV het ’n inskrywing op hul Facebook-blad gemaak om hul meegevoel met Manie en sy gesin te betuig.

Mense het met skok en hartseer op die nuus van Marlet se dood gereageer.

Wendy Beckett sê sy is geskok, want sy het Marlet Saterdag vir die eerste keer ontmoet. “Sy was ’n pragtige en goedhartige vrou. My innige meegevoel aan Manie en die familie. “Mag God julle vertroosting wees gedurende die moeilike tyd,” lui Beckett se inskrywing.

Die rowers het die egpaar se grys/groen Isuzu-bakkie (YFS 621 GP) tydens die rooftog gesteel.

Peense het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk te wees vir die bakkie. Die bakkie se voorlig is stukkend en die agterste buffer is beskadig.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Kameeldrift
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.