SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in Hartenbos verkrag

’n 40-jarige vrou is helder oordag by ’n woonkompleks in Hartenbos verkrag, skynbaar terwyl sy besig was om wasgoed op te hang.

Die voorval het Donderdag omstreeks 10:00 plaasgevind.

Die vrou is oorval, by haar huis ingedwing en toe verkrag. Dit is nie bekend hoe die man toegang tot die kompleks gekry het nie.

Kapt. Wollie Fourie, polisiewoordvoerder, sê die vrou het benewens die verkragting verskeie ligte beserings opgedoen. “ ’n Samestelling van die verdagte se gesig word opgestel en die ondersoek duur voort.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die man het glo ’n denimbroek, donkerblou hemp, pet en rubberstewels gedra.

Volgens die Mossel Bay Advertiser, ’n plaaslike koerant, is die vrou die afgelope drie maande deur ’n onbekende man geteister wat glo ook in ’n stadium by haar voordeur gesien is.

Die woonkompleks is omhein en daar is ’n toegangshek wat met afstandbeheer oopgemaak word.

Meer oor:  Hartenbos  |  Misdaad  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.