Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in hegtenis oor sy glo Viagra maak

’n Vrou wat vir die onwettige vervaardiging van Viagra-pille aangekeer is, sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Palm Ridge, Johannesburg verskyn.

’n Sak vol pille waarop lede van die Johannesburgse blitspatrollie by ’n huis in Brackenhurst beslag gelê het.

Lede van die Johannesburgse blitspatrollie het Maandag op die vrou se huis in Brackenhurst toegeslaan terwyl hulle inligting oor ’n onwettige laboratorium vir die vervaardiging van Viagra en ander produkte vir seksuele opkikkering opgevolg het.

Luidens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, se verklaring is die polisie aanvanklik toegang tot die huis geweier, maar is later toegelaat om dit te deursoek.

Hy het by navraag gesê die polisie het in die huis op verskeie pille en toerusting om pille te vervaardig beslag gelê.

’n Vrou van moontlik in die 40 en volgens die polisie die eienaar van die huis, is in hegtenis geneem.

Sy is aangekeer vir onder meer die onwettige vervaardiging van pille, asook die bestuur van ’n laboratorium sonder die nodige permitte, sê Makhubele.

Hy sê die ondersoek na die beweerde onwettige bedrywighede duur voort en verdere inhegtenisnemings kan moontlik volg.

Die waarde van die pille en toerusting waarop daar beslag gelê is, was nie onmiddellik bekend nie.

Nog pille en produkte vir seksuele opkikkering wat glo in ’n beweerde onwettige laboratorium in ’n huis in Brackenhurst vervaardig is.
Die polisie het ook toerusting soos dié, wat vir die vervaardiging van pille gebruik word, in beslag geneem.

Meer oor:  Johannesburg  |  Viagra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.