Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in huisrooftog doodgeskiet

’n Man het ’n vrou van Phiritona, Heilbron, Dinsdagnag in ’n huisrooftog doodgeskiet.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n 16-jarige seun het wakker geword toe iemand die huis se deur afskop.

Die seun, wat voor die televisie in die sitkamer aan die slaap geraak het, het na sy ma se slaapkamer gevlug.

Die aanvaller het ook in die vrou se kamer ingegaan en geld, selfone en klere geëis.

Makhele sê die vrou het na haar suster se kamer gegaan en met twee koffiebekers vol munte en note teruggekom.

Die man het hierna geëis dat die 35-jarige vrou haar klere uittrek omdat hy haar wou verkrag. Die man het ook sy klere begin uittrek om die ouer vrou te verkrag toe die jonger vrou (die oorledene) in die kamer inkom en die aanvaller probeer oorrompel.

’n Skoot het afgegaan toe sy en die aanvaller in ’n struweling betrokke raak.

Die vrou en die aanvaller het steeds oor die vuurwapen baklei en tydens die stoeiery het hulle in die kombuis hul balans verloor en geval. Die aanvaller het sy kans waargeneem en met die vuurwapen uit die huis gevlug.

Die vrou het hom agternagesit en hy het haar in die linkerbors geskiet.

Makhele sê die nooddienste is ontbied en die provinsiale nooddienste (EMS) het haar op die toneel dood verklaar.

Die verdagte, wat R220 gebuit het, word nog gesoek.

Meer oor:  Heilbron  |  Vrou  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.