Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou tydens rooftog noord van Pta doodgeskiet

REGSTELLING

  • Dit het intussen aan die lig gekom het dat die man en vrou by die Wolmarans-kafee in die gebied tussen Pyramid en Hammanskraal, noord van Pretoria, beroof is op 'n sakeperseel. Dit was dus nie ’n plaasaanval nie. 


In die soveelste plaasaanval die afgelope paar dae is ’n vrou laat Sondagaand buite Pretoria doodgeskiet.

Die vrou en haar man, wie se name voorlopig weerhou word, was glo buite die plaashuis in die gebied tussen Pyramid en Hammanskraal, noord van Pretoria, toe hulle deur ’n onbekende getal gewapende mans aangeval is.

Die vrou, wat in haar 40’s was, is doodgeskiet en haar man is ernstig aangerand. Hulle is ’n bekende paartjie in die omgewing en besit ’n slaghuis.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê dit lyk nie asof enigiets gesteel is nie. Die polisie en plaaswag is op soek na die moordenaars.

Dié moord in ’n landelike gebied volg kort nadat ’n swanger vrou die naweek op ’n plaas in die Weenen-distrik in KwaZulu-Natal keelaf gesny is.

Die 26-jarige vrou se man is ook erg in die aanval Saterdagaand aangerand. Die egpaar het twee minderjarige kinders wat fisiek ongedeerd is.

Volgens Cameron was die voorval Sondagaand buite Pretoria die vierde plaasmoord sedert Vrydag.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Ian Cameron  |  Pretoria  |  Plaasaanval  |  Misdaad  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.