Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in plaashuis bewusteloos geslaan, beroof
Die bebloede vloer van die vertrek waar ’n vrou Saterdagoggend in haar plaashuis in Balmoral in Mpumalanga gekry is nadat sy erg aangerand is. Foto: Verskaf.

’n Bejaarde vrou van Mpumalanga is bewusteloos geslaan toe een van haar eie plaaswerkers haar glo beroof het.

Vasti Miller, ’n inligtingskoördineerder van die sekerheidsgroep BHS-veiligheid, sê die 67-jarige vrou, wat op ’n plaas in Balmoral woon, het omstreeks 01:00 Saterdagoggend die deur vir haar hond oopgesluit.

Die aanvaller het saam met die hond by die huis ingeloop.

“Die hond het nie geblaf nie omdat hy die man geken het. Die man het toe reguit na die laai geloop waar die vrou sy geld die vorige middag uitgehaal het,” sê Miller.

Die rower het die vrou toe herhaaldelik oor die kop en deur die gesig geslaan.

“Toe sy rondom 08:00 weer bygekom was die aanvaller reeds weg,” sê Miller.

Die vrou se seun het kort daarna op sy bebloede ma afgekom en hulp ontbied. Volgens Miller is drie selfone en ’n beursie gesteel.

Die vrou is na die Bronkhorstspruit-hospitaal geneem.

Miller sê die verdagte is Saterdagoggend deur lede van die gemeenskap gevang en aan die polisie oorhandig.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, sê ’n klag is nie by hulle ingedien nie. Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê hulle het ook geen rekord van die saak nie.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Balmoral  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.