Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in SA gevang wat glo duisende by Swazi-bank roof

’n Vrou wat haar glo as ’n man vermom en ’n bank in eSwatini (voorheen Swaziland) beroof het, is Woensdag saam met ’n vriendin in Suid-Afrika gearresteer.

Brig. Leonard Hlathi, Mpumalanga-polisiewoordvoerder, sê die twee, onderskeidelik 27 en 32 jaar oud, sal aangekla word van die besit van vermoedelik gesteelde geld. Duisende rande is by hulle gekry.

“Die twee vroue is deur die Suid-Afrikaanse polisie gearresteer nadat hulle deur ondersoekwerk van die Royal eSwatini-polisie (REP) met ’n rooftog op 8 Mei verbind is,” sê hy.

Die een vrou sal egter ook in eSwatini saam met twee ander medepligtiges aangekla word van gewapende roof.

Luidens inligting wat aan die SAPD deur hul REP-kollegas verskaf is, het ’n vrou, vermom as ’n man, verlede Woensdag in ’n bank in Matsapha in die buurland ingestorm.

“Die persoon het ’n kassiere en ’n veiligheidswag met ’n vuurwapen aangehou en hulle beveel om ’n groot sak met kontant te vul, voordat hy/sy gevlug het,” sê Hlathi.

’n Paar dae later het die REP uitgevind dat die rooftog waarskynlik ’n spanpoging tussen die vermomde vrou en die kassiere en wag was.

’n Paar dae later het die REP uitgevind dat die rooftog waarskynlik ’n spanpoging tussen die vermomde vrou en die kassiere en wag was.

Laasgenoemde twee is in eSwatini gearresteer. In verdere ondersoek is gevind dat die buit, of van dit, na Suid-Afrika gesmokkel is.

Dit sou versteek word in Nhlazatshe, Elukwatini, naby Badplaas in Mpumalanga, totdat dit veilig was om dit tussen die vier medepligtiges te verdeel.

Die plaaslike polisie het die inligting opgevolg en die twee vroue Woensdag in Tjakastad gearresteer.

Dit is onbekend hoeveel by die bank geroof is, maar bronne beweer die buit wat by die twee vroue in Suid-Afrika gevind is, was “maklik” R500 000 in rande en eSwatiniese lilangeni (waarvan die waarde gelykstaande met die rand is).

Hlathi wou nie die bedrag bevestig nie.

Volgens hom sal die twee vroue Vrydag in die landdroshof in Eerstehoek op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde geld verskyn.

Dan sal die vermeende rower ook later in eSwatini saam met die veiligheidswag en die kassiere weens die bankroof verskyn.

Meer oor:  Vrou In Sa Gevang  |  Swazi-Bank  |  Bankrower
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.