Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in stukke gekap en in puttoilet gegooi

Die polisie in Keimoes in die Noord-Kaap ondersoek ’n klag van moord nadat die opgekapte lyk van ’n onbekende vrou in ’n puttoilet in Gamakor gekry is.

Netwerk24 verneem dat ’n man Sondagaand langs ’n sinkhuis in die Gamakor-woonbuurt afgekom het op die lyk wat in 'n plastieksak toegedraai was.

Haar nek was glo gebreek voordat sy in stukke opgekap en in die puttoilet gegooi is.

Brig. Mohale Ramatseba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n 25-jarige man is reeds in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die landdroshof op ’n aanklag van moord.

Volgens Ramatseba word die omstandighede rondom die moord ondersoek.

Hy het ’n beroep gedoen op enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte, ao. Jerry Mouers, by 082 260 0548 of 082 495 4848 of lt.kol. Barney Visagie, die stasiebevelvoerder, by 082 301 9943 te bel.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Keimoes  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.