Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou in voet geskiet, maar kom weg om hulp te ontbied
’n Gebreekte ruit en bloed op die vloer waar Elsa (73) en Peet (76) Grobler aangehou en Elsa in die voet geskiet is toe sy weggehardloop het om hulp te ontbied. Foto: Verskaf

’n Vrou van 73 jaar het Woensdag, ten spyte van ’n koeëlwond in die voet, ’n breukdeel van ’n sekonde benut om na buite te vlug en hulp tydens ’n hoewe-aanval te ontbied.

Peet (76) en Elsa (73) Grobler, wat op ’n hoewe in Kromdraai in die Apiesrivier-omgewing noord van Pretoria woon, is in die vroeë oggendure deur drie aanvallers in hul huis verras.

Luidens bronne het Peet voorheen ’n beroerte gehad, wat Elsa genoop het om as die “gesonder een” te gaan hulp soek.

Hillel Coetzer, Noordstreek-veiligheidshoof van AfriForum, sê die rowers het ingebreek en die Grobler-egpaar oorval.

“Hulle is aangehou, maar nie vasgebind nie, terwyl die aanvallers geld geëis het. In ’n stadium het Elsa ’n kans gesien om te probeer ontsnap. Die rowers het haar probeer keer en op haar geskiet. Sy is op pad na buite in die voet raakgeskiet.

“Sy het egter uitgekom en na ’n ander huis op die hoewe gehardloop om hulp te ontbied,” sê Coetzer.

Die rowers het intussen gevlug met selfone, ’n skootrekenaar en Elsa se handsak.

Coetzer sê van die artikels is teruggevind, maar die verdagtes het weggekom.

Juan du Plessis van die GAC Risk Solutions-veiligheidsmaatskappy, sê hulle is onmiddellik na die toneel om te help.

“Ons het ook ’n ambulans en bystand ontbied. Ons het die vrou se handsak op die perseel gevind en die fone en rekenaar ’n paar kilometer verder.

“Die vrou is hospitaal toe geneem,” sê hy.

Coetzer sê AfriForum se Noordstreek het onlangs saam met GAC ’n beheerkamer in die omgewing op die been gebring ná verskeie aanvalle en inbrake in die omgewing.

“So kon ons dus dadelik hulp ontbied om te help, wat wys hoe belangrik samewerking tussen verskillende organisasies soos buurtwagte, veiligheidsmaatskappye en die polisie is om die gemeenskap meer weerbaar te maak,” sê hy.

Meer oor:  Elsa Grobler  |  Pretoria  |  Vrou Vlug  |  Skietvoorval  |  Ontbied Hulp  |  Hoewe-Aannval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.