Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou jaag weg, val verkeersman daarna aan

’n Vrou van Kraaifontein in die noordelike voorstede van Kaapstad is in die sop nadat sy amper teen ’n verkeersmotor gebots het en na bewering die verkeersbeampte aangeval het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en maatskaplike dienste, het in ’n verklaring gesê die voorval het plaasgevind toe beamptes van die skimpatrollie besig was met ’n operasie om onwettige straatwedrenne in die noordelike voorstede te stuit.

Smith het gesê die vrou het byna teen ’n verkeersbeampte gebots nadat sy probeer wegjaag het.

Sy het na bewering versuim om te stop en het talle stopstrate en rooi verkeersligte geïgnoreer in ’n poging om van die verkeersbeamptes weg te kom.

Toe beamptes haar uiteindelik gestop het, was sy dronk, het Smith gesê.

By die Kraaifontein-polisiekantoor het die vrou gevra om die badkamer te gebruik. Sy het toe ’n vroueverkeersbeampte geskop en slaan.

“Die vrou is ook van aanranding aangekla,” het Smith gesê.

“Dit is skokkende gedrag, maar nie ongewoon nie. Ons beamptes word geteiken deur mense wat geen respek vir iemand of iets het nie. Ons gaan nie mense se gedrag kan verander as hulle nie vir lank in die tronk sit of ons hierdie dwase mense se name in die openbaar noem nie,” sê hy.TygerBurger

Meer oor:  Aanval  |  Verkeersbeampte  |  Vrou  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.