Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou kry rygeleentheid, ry weg met bejaarde se motor

Die polisie is op soek na ’n vrou wat ’n 80-jarige man se motor in Kaapstad gekaap het.

Volgens ’n polisieverklaring is die man, ’n inwoner van die Goedemoed-gebied, se silwerkleurige Honda Jazz Woensdag om 12:45 gekaap op die hoek van Old Oak- en Mountainviewrylaan in Durbanville.

Die man het aan die polisie vertel dat hy ’n saamrygeleentheid aan ’n onbekende vrou vanaf die Willowbridge-winkelsentrum in Bellville na Durbanville gegee het.

Volgens die man het die vrou ’n geleentheid gevra na Old Oak-rylaan.

Op die hoek van Old Oak- en Mountainviewrylaan het sy gesê dat sy haar foon êrens in die motor laat val het. Terwyl hy haar help soek het, het sy ’n vuurwapen teen sy kop gedruk en hom aangesê om uit te klim. Sy het toe met die motor weggery.

Die motor se waarde is R80 000, volgens die polisie.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens haar ondersoek die polisie in Durbanville ’n saak van motorkaping.

Meer oor:  Bellville  |  Bejaarde  |  Kaping  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.