Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou langs skool met klippe gegooi, ‘kop vergruis’

Veiligheidswagte het glo gesien hoe die vrou wie se lyk Vrydagoggend naby ’n laerskool in Guguletu, Kaapstad, afgelaai is ook met klippe gegooi is.

Die vrou is vermoedelik in haar 30’s.

Bongani Ngcombolo, ’n plaaslike raadslid, sê die wagte het in die vroeë oggendure opgelet dat mense in ’n wit Toyota Avanza die vrou se lyk aflaai.

Hy sê die wagte het aanvanklik gedink hulle gooi rommel weg.

Toe hulle groot klippe ook neergooi, het die wagte gedog dis vreemd en gewonder hoekom hulle dit doen, sê Ngcombolo.

Hy sê die wagte het ondersoek gaan instel nadat die voertuig weggery het. “Hulle het toe op die vrou se lyk afgekom,” sê hy.

Die wagte het die polisie ontbied.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die vrou se lyk is vroegoggend in Guguletu ontdek.

“Ooggetuies sê hulle het gesien hoe ’n voertuig die vrou se lyk langs die Lwazi Primary School afgelaai het. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom haar dood.”

Die polisie weet nog nie wat die motief vir die moord was nie en sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Traut het ’n beroep op enigiemand met inligting gedoen om die polisie se 10111-noodnommer te skakel.

Ngcombolo sê die vrou se kop is deur die klippe vergruis.

“Sy is byna onherkenbaar. Ek vermoed sy moes nog geleef het toe hulle haar daar gaan aflaai het, daarom het hulle haar met klippe gegooi,” sê hy.

Ngcombolo sê hy dink nie die vrou het in die gebied gebly nie. Hy het probeer ondersoek instel om haar identiteit te bepaal, maar dit was nog onsuksesvol.

In ’n ander voorval is die lyk van ’n vrou Woensdag buite die Delft-winkelsentrum in Kaapstad gekry. Sy het veelvuldige steekwonde aan haar lyf gehad. Niemand is nog in verband met haar moord in hegtenis geneem nie.

Duisende mense betoog hierdie week in Kaapstad teen geweld teen vroue en kinders nadat dit Maandag aan die lig gekom het dat Uyinene Mrwetyana (19), ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Kaapstad, in ’n poskantoor in Claremont aangeval, verkrag en vermoor is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Moord-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.