Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou ‘leef in vrees vir man’ voor skietdood

Die vrou van Kuilsrivier wat Maandagaand vermoedelik deur haar vervreemde man doodgeskiet is, het volgens bronne in vrees vir hom geleef.

Ernestine Muller Braaf. Foto: Ernestine Muller Braaf/Facebook

Ernestine Muller Braaf (51) het in Junie ’n beskermingsbevel by die landdroshof in Kuilsrivier teen haar vervreemde man, Kenneth David Braaf (62), verkry.

Volgens ’n bron wat vertroud is met die saak, het Braaf sy afskrif van die beskermingsbevel by die hof in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger gekry.

Dit het hom glo nie gekeer nie.

Nog ’n bron sê sy het dit selfs oorweeg om na vriende in ’n ander provinsie te trek en dat sy op die punt was om van hom te skei.

Sy wou glo net van hom wegkom. Ernestine Braaf het glo ook nie meer enige vertroue in die polisie gehad nie.

Die bron sê sy is verskeie kere na die Kuilsrivier-polisie vir hulp nadat Braaf haar ondanks die beskermingsbevel gekontak het. Die laaste keer wat sy hulle gekontak het, is sy glo ’n “drama queen” genoem.

Netwerk24 het die polisie se kommentaar oor dié bewerings gevra, maar ten tyde van die publikasie van dié berig is nog geen antwoord ontvang nie.

Ernestine se lyk is Maandag omstreeks 20:12 in ’n wit Mercedes-Benz by ’n huis in Confettisbushstraat, Annandale, Kuilsrivier, gekry. Sy is een keer in die nek geskiet.

Kenneth David Braaf. Foto: Verskaf

Bietjie meer as drie uur later – omstreeks 23:55 – het die Kuilsrivier-polisie op ’n skietvoorval by ’n huis in Langenhovenstraat, Soneike, Kuilsrivier, gereageer. By die huis het hulle Braaf se lyk met ’n enkele kopskoot in ’n stoel in die agterplaas gekry. Langs die lyk is ’n 7.65-pistool gevind.

Die polisie ondersoek glo die moontlikheid dat Braaf sy vrou geskiet het voordat hy homself ure later om die lewe gebring het.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n moorddossier is in verband met Ernestine se dood geopen.

’n Geregtelike doodsondersoek word oor Braaf se dood gedoen.

Die egpaar laat twee dogters, Traci en Cindi Braaf, en ’n kleindogter agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.