Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou lei metropolisie na daggavonds

’n 35-jarige vrou van Delft is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat sy die metropolisie reguit gelei het na ’n huis waarin daar sowat 50 kg se dagga was.

Die dagga wat op die perseel gevind is. Foto: Verskaf
’n Sak vol dagga wat deur beamptes gevind is.Foto: Verskaf

Wetstoepassers het op die dagga afgekom toe hulle die hop-huis in Leiden, Delft, deursoek het.

Die vrou het lede van die bende- en dwelmtaakspan van die Kaapstadse metropolisie en die plaaslike buurtwag daarheen gelei, lui ’n verklaring deur Ruth Solomons, woordvoerder van die Kaapstadse metropolisie.

Sy het Saterdagoggend omstreeks 10:00 só groot geskrik toe sy die wetstoepassingsbeamptes in die omgewing sien rondry, dat sy omgedraai en weggehardloop het.

Sy hardloop toe reguit na die huis waar die dagga gestoor is. Die beamptes het die vrou agtervolg en het haar in die hande gekry.

Hulle het toe afgekom op dagga in sakke, emmers en bokse. Dit het alles saam sowat 50 kg geweeg en het ’n geraamde waarde van R60 000.

Die vrou word by die polisiestasie in Delft aangehou terwyl die ondersoek voortgesit word.

Meer oor:  Delft  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.