Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou ondervra ná moord op boer van Ermelo
Moolman Meyer (67), ’n boer van Mpumalanga, is wreed op sy plaas, Waaihoek, vermoor. Foto: Verskaf
Moolman Meyer Foto: Verskaf

Die polisie het iemand ondervra wat hulle in die ondersoek na die moord op Moolman Meyer (67), ’n boer van Ermelo in Mpumalanga, kan help.

“Ons is besig om haar te ondervra en hoop sy sal ons kan help,” het kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens ingeligtes word ’n huiswerker ondervra, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.

Meyer is Saterdag laas lewend gesien toe hy en twee werkers met ’n trekker en sleepwa hout in die veld gaan oplaai het.

Bhembe sê die twee plaaswerkers is nog soek.

“Die werkers se identiteit is nog nie bekend nie, en hulle is vermoedelik van eSwatini (Swaziland).”

Meyer se lyk is Woensdagoggend ná ’n groot soektog op sy plaas sowat 800 m van die opstal langs sy trekker gekry.

Hy het verskeie diep sny- en kapwonde oor sy kop, lyf en arms gehad en is vermoedelik al Saterdag vermoor.

Twee selfone en ’n vuurwapen word uit Meyer se huis vermis, sê Bhembe.

Doors Meyer, een van Moolman se vier seuns, het sy pa as ’n rustige mens beskryf wat goed met sy werkers klaargekom het.

Die polisie het ’n beroep gedoen op enigeen met inligting oor die moord om lt.kol. Mbongeni Myeni by 082 556 5605 te bel of hul naaste polisiekantoor.

Meer oor:  Moolman Meyer  |  Ermelo  |  Moord  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.