Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou op Eugène Terre'Blanche se ou plaas vermoor

’n Vrou is Sondagoggend op dieselfde plaas waar Eugène Terre’Blanche geboer het, aangeval en vermoor.

Volgens Flip Schutte, boer van die kontrei, is die vrou se identiteit en wat met haar gebeur het, onbekend.

Schutte sê die vrou is Sondagoggend omstreeks 06:30 op Witrandjiesfontein deur drie mense aangeval.

Haar wit Isuzu-bakkie is gesteel.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die voorval bevestig, maar kon nie bevestig of iemand al in hegtenis geneem is nie.

Volgens Makau was die polisie nog op die toneel en ’n klag van moord word ondersoek.

Meer oor:  Ventersdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.