Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou op Hermanus week voor 96ste vermoor

Sy sou haar 96ste verjaardag oor ’n week gevier het en het planne gehad vir ’n Sondagfees saam met haar bure.

Joan Anderson (95) is dood in haar woonstel aangetref op Hermanus. Foto: Verskaf

Joan Anderson is egter Donderdag in haar woonstel vermoor.

Goeie vriende het haar beskryf as ’n baie “onafhanklike, wonderlike en vriendelike mense met ’n goeie sin vir humor”. Sy was ook baie privaat, maar altyd reg om saam met vriende te kuier.

Alnderson het 28 jaar in ’n woonstel in ’n kompleks op Hermanus gewoon. Daar is 14 wooneenhede. Almal is baie na aanmekaar.

Die moord het skokgolwe deur die kompleks gestuur nadat Anderson se lyk Donderdag omstreeks 17:00 in haar eenheid aangetref het.

Sy is vasgebind, ’n handdoek is om haar kop vasgemaak en sy is in ’n groot hoeveelheid bloed in die bad gevind.

Volgens die polisie is Anderson vermoor.

’n Veiligheidswag het omstreeks 17:00 op haar lyk afgekom, het sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, bevestig.

’n Polisielint is die stille getuienis nadat ’n bejaarde vrou dood in haar woonstel op Hermanus gevind is. Foto: Adrian de Kock

Hy kon nie meer inligting bekend maak nie. “Die omstandighede rondom die moord word ondersoek.”

Ruth Veary, ’n jare lange vriendin en kollega, sê sy gaan Anderson  vreeslik mis.

“Sy was ’n wonderlike mens met ’n baie sterk werketiek en het tot op die laaste nog gewerk.”

Anderson was baie jare lank die persoonlike assistent van David Rawdon, wat die Marine- Lanzerac en Matjiesfontein-hotelle besit en bestuur het.

Sy het tot Maart vanjaar nog saam met Veary gewerk by ’n maatskappy wat vakansiewoonstelle verhuur.

“Sy was ’n baie dapper vrou,” het Veary gesê, met verwysing na ’n rooftog verlede jaar by hul kantore toe twee mans ingebreek het en die kluis se sleutel by Anderson geëis het.

“Sy het dit nie vir hulle gegee nie. Sy het bloot net geweier. Sy was so dapper.”

Die twee mans is later vasgetrek, maar ná die onlangse protesaksie in Zwelihle, buite Hermanus, is die bewyse van die saak verbrand nadat die polisiestasie onder vlamme deurgeloop het. Omdat die staat nie meer bewyse teen hulle gehad het nie, moes die twee vermeende inbrekers ’n paar weke gelede vrygelaat word.

Die voordeur van Joan Anderson se woonstel op Hermanus is met polisielint verseël sodat niemand kan ingaan nie. Foto: Adrian de Kock

Volgens Veary was die owerhede besig om die bewyse weer saam te stel en Anderson het verlede week haar samewerking gegee.

Bure het Vrydag nog oor die skok en trauma gepraat.

Hulle sê hulle het daar nog nooit so iets in die kompleks gebeur nie.

“Sy het dit nie verdien nie. Sy was ’n wonderlike liefdevolle mens,” het die egpaar Lewis gesê.

Anderson sou Sondag by hulle middagete gaan eet het om haar komende verjaardag te vier.

’n Pragtige groen tuin voor die woonstel waar Joan Anderson 28 jaar gewoon het. Foto: Adrian de Kock

Die kompleks word besit deur Forbes Investment Holdings van wie Stuart McLeod die voorsitter is.

By navrae oor die gebeure het sy woordvoerder, Priscilla Urquhart, gesê McLeod is diep geskok oor Anderson se dood.

“Die saak word nou deur die polisie ondersoek en daarom kan ons nie kommentaar daaroor lewer nie,” het Urquhart gesê.

Anderson het alleen gewoon en is nooit getroud nie.

Geen begrafnisreëlings is nog bevestig nie.

* 'n Vorige weergawe van dié berig het verkeerdelik na die oorledene as Joan Alexander verwys. Netwerk24 vra om verskoning vir die fout.

Meer oor:  Joan Alexander  |  Hermanus  |  Verjaardag  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.