Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou op plaas in Piketberg aangeval, verkrag

’n Plaasvrou van Piketberg is in haar huis oorval, aangeval en verkrag kort nadat haar man werk toe gery het.

Ao. Silke Lourens, polisiewoordvoerder van Piketberg, sê die 55-jarige vrou het die wasmasjien aangeskakel en kort daarna ’n geluid gehoor en gaan ondersoek instel.

“Ek sal nie eens my kop deur die venster kry waardeur die aanvaller toegang tot die huis gekry het nie,” sê Lourens.

“Al die deure was gesluit, maar die aanvaller kon deur ’n baie klein venster by die huis inkom.”

Die aanvaller het die vrou oorweldig, vasgebind en verkrag.

Hy het volgens Lourens R180 by sy slagoffer gebuit en daarmee gevlug.

Sy kon haarself ná ’n tyd loswikkel en het haar man op ’n selfoon gebel.

Die vrou se man het die polisie gebel en die verdagte is kort daarna aangekeer, sê Lourens.

Sy sê klagte van huisroof en verkragting word ondersoek.

Die verdagte sal Maandag in die hof op Piketberg verskyn.

Lourens sê die plaas het vroeër aan die egpaar behoort, maar hulle het dit verkoop. Hulle het egter aangebly om vir die nuwe eienaar te boer.

Meer oor:  Piketberg  |  Verkragting  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.