Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou probeer glo aanvallers help om haar man te verwurg

’n Vrou van Phoenix in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat sy haar man na bewering probeer verwurg het. Die vrou se huiswerker en nog twee mense is ook aangekeer.

“Die 62-jarige man het Woensdag televisie in hul huis gekyk toe drie vroue hom aangeval het en ’n vullissak oor sy kop getrek het,” het kol. Thembeka Mbele, ’n polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

“Die vroue het hom daarna met ’n serp probeer verwurg. Die slagoffer het terugbaklei en kon die sak verwyder. Hy het toe besef dat een van die vroue sy huiswerker is.”

Volgens Mbele het die vroue voortgegaan om die man te probeer versmoor.

“Terwyl die aanval aan die gang was, het die slagoffer se vrou haar by die aanvallers aangesluit en probeer help om hom te versmoor. Die slagoffer kon ’n noodknoppie druk en ’n buurman het tot sy redding gekom.”

Polisiebeamptes van die plaaslike polisiekantoor is ontbied en al vier die vroue is in hegtenis geneem.

Hulle is aangekla van poging tot moord en sameswering om ’n moord te pleeg.

Die vroue sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Verulam verskyn en op aanklagte van poging tot moord en sameswering om ’n moord te pleeg teregstaan. News24


Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Man Verwurg  |  Huiswerker  |  Aanvallers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.