Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou se lyk in hut gekry ná sy en man glo baklei

’n Man van Giyani in Limpopo het nadat hy glo sy vrou vermoor het, haar lyk in ’n vlak graf in ’n sinkhut voor in hul erf begrawe.

Die 32-jarige man is Vrydagmiddag in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê van die bure het onraad vermoed nadat hulle Dinsdagaand omstreeks 21:30 gehoor het hoe die man en sy 53-jarige vrou baklei.

Die bure het Woensdag nie die vrou of die man by die huis gesien nie.

Die vlak graf waar ’n vrou in Giyani begrawe is nadat sy vermoor is.

Mojapelo sê van die bure het Donderdagoggend besluit om na die huis te gaan en deur ’n venster bloed in die huis gesien.

Daar was ook ’n slegte reuk by ’n sinkhut wat voor die huis opgerig is.

Die mense het die deur van die hut oopgedwing en afgekom op ’n vlak graf. Die polisie is onmiddellik ontbied.

Die polisie het afgekom op die lyk van ’n vrou wat reeds begin ontbind het.

Mojapelo sê die vrou is van KwaMashu in KwaZulu-Natal en haar naam kan nie bekend gemaak word voordat al haar familielede van haar dood in kennis gestel is nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die moord ten sterkste veroordeel en dit as ’n besonder gewetenlose moord beskryf.

Hy het die gemeenskap van die Nwadzekudzeku-nedersetting geloof dat hulle saam met die polisie gewerk het.

Mojapelo sê die vermeende moordenaar het homself Vrydag aan die polisie in die nabygeleë Malamulele oorgegee.

Hy is in aanhouding en sal Maandag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Giyani verskyn.

Die vlak graf in ’n sinkhut in Giyani waar ’n vrou begrawe is.

Meer oor:  Giyani  |  Misdaad  |  Geslagsgeweld  |  Gesinsgeweld  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.