Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou se lyk met byl in kop gekry

Die lyk van ’n vrou met ’n byl in haar kop is Maandag om 06:00 in ’n oop veld naby haar huis in Missionvale, Port Elizabeth, gekry.

“Die oorledene, Nobengazi Notshoba (49), het op haar maag gelê,” sê ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder.

Die motief vir die moord is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* In nog ’n voorval Woensdag in die vroeë oggendure is die polisie na ’n ongelukstoneel in Struandale ontbied.

“Toe hulle op die toneel in Struanweg aankom, was daar geen voertuig nie. Die lyk van ’n onbekende man in sy 40’s is op die toneel gevind. ’n Nommerplaat met die registrasienommer HLK 941 EC is ook op die toneel gekry.”

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

“Enigiemand wat kan help met inligting oor dié twee sake, kan die Algoapark-polisiekantoor by 041 409 1061 bel.”

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Vrou  |  Gekry  |  Lyk  |  Byl  |  Kop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.