Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou se vinnige optrede fnuik aanvaller

’n Vrou wat langs die pad in Clifton gestap het, het ’n noue ontkoming gehad met ’n gewapende man, maar sy het vinnig gereageer en weggehardloop.

Beeldmateriaal van die veiligheidskameras wat in dié gebied opgerig is, het die voorval kort voor 20:00 op 26 November opgeneem.

Op die opname kan ’n mens die vrou sien stap op Kloof-straat en net toe sy by die Clifton-trappe – waar ’n mens sou afklim na Victoria-straat om by een van die vier strande in Clifton uit te kom – stadig genader is deur ’n wit voertuig.

Die voertuig stop langs haar en ’n gewapende man klim uit die voertuig. Sy sien dat hy ’n vuurwapen het en hardloop dan baie vinnig by die trappe af.

Ryan Rudy, hoof van Camps Bay Community Safety Initiative (CBCSI), het bevestig die vrou het “vinnig en goed reageer” en daarom het sy ’n moontlike aanranding of kaping vermy.

Rudy het gesê dit is nie die eerste voorval van dié aard wat in die afgelope weke by hulle aangemeld is nie.

Jy moet jou omgewing dophou en alles hoor wat aangaan.

“Dis amper feestyd en is gevaarlik omdat dié soort voorvalle meer plaasvind,” sê hy. Verlede jaar in dieselfde tydperk is drie mense vermoor en daarom sê Ryan is dit baie belangrik vir mense om veral nou nie alleen te gaan stap of draf nie.

“Mense moet minstens twee-twee saam gaan stap of draf om veilig te wees,” sê hy.

Mense word ook aangeraai om die Buzzer-app af te laai. Op dié app kan jy vinnig ’n noodknoppie druk as jy in die moeilikheid beland.

Mense moet ook liefs nie met oorfone loop of draf nie.

“Jy moet jou omgewing dophou en alles hoor wat aangaan. Met oorfone op kan jy nie hoor wat om jou aangaan nie,” sê hy. Mense moet ook nie met enigiemand praat nie, veral nie as dit mense is wat jou langs die pad stop nie.

Al hoe meer verdagte voorvalle vind nou plaas en mense word versoek om sulke voorvalle aan te meld.

Ryan het gesê hulle het die registrasienommer van die voertuig wat by Donderdag se voorval betrokke was, en is besig om met die polisie saam te werk om die verdagtes op te spoor.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig hulle weet van die opname, maar die vrou wou nie ’n amptelike klag by die polisie indien nie.

Ryan kan nie namens die vrou ’n saak indien nie.

Om enige soortgelyke voorvalle aan te meld kan die polisie se stopmisdaadnommer 10111 geskakel word, of die CBCSI op 021 438 2000 indien dit in die Atlantiese kusgebied (van Bakoven tot Groenpunt) plaasvind.

Meer oor:  Clifton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.