Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou se Yorkie in plaasaanval doodgeskiet
Pieter Pieterse Foto: Verskaf

Die Yorkie van ’n vrou wat in Junie tydelik by haar 78-jarige pa gaan woon het nadat hy op sy plaas in Noordwes aangeval is, is Donderdagoggend in nóg ’n aanval op dieselfde plaas doodgeskiet.

“Erna (Pieterse) is in ’n toestand. Daardie hondjie was soos haar kind. Die rowers het ook gedreig om haar te verkrag, maar het dit gelukkig nie gedoen nie en sy is nie beseer nie,” het Japie Venter, veiligheidshoof van die Leeudoringstad-boerevereniging, Donderdagmiddag gesê. Die aanval was tussen 11:00 en 12:00 op Piet Pieterse se plaas, Koedoesdraai, sowat 30 km buite Leeudoringstad.

Pieterse het, weer soos in die vorige aanval op 12 Junie, kopwonde en beserings aan sy arms opgedoen.

Volgens Venter kon hy nog nie met Pieterse oor die aanval praat nie, want hy is in ’n hospitaal opgeneem vir skanderings om die erns van sy beserings vas te stel.

Venter het gesê tot dusver is hulle bewus van Erna se pistool en ’n .22-geweer wat gesteel is. Die aanvallers het ook in haar Toyota Yaris gevlug.

Van hulle het vermoedelik op pad na Klerksdorp uit die voertuig geklim. Die polisie het een van die rowers later in Klerksdorp in die voertuig betrap en hom in hegtenis geneem, het kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, Donderdagmiddag gesê.

Pieterse is in die eerste aanval in Junie met ’n panga teen die kop geslaan.

Pieter Pieterse en sy tweeling-kleinseuns, Elandré (links) en Christiaan Momberg. Foto: Verskaf
Erna Pieterse se Toyota Yaris waarin die rowers gevlug het. Dit is intussen weer gevind. Foto: Verskaf

Joseph Bernard Kulelaphi (50) is kort daarna in verband met die aanval in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Hy word aangekla van poging tot moord, huisroof, diefstal van ’n motorvoertuig en is steeds in aanhouding.

Minstens vier rowers het dié betrokke Vrydag by Pieterse se plaashuis ingebreek terwyl hy vroegaand televisie gekyk het. Hulle het hom met die panga gekap en sy hande en voete met nylontou vasgebind, het Erna kort ná die aanval gesê.

Pieterse het die kluis se sleutels aan hulle oorhandig, waaruit hulle wapens gesteel het. Hulle het ook twee selfone en sy beursie met kontant gesteel voordat hulle in sy Mercedes-Benz gevlug het.

Pieterse, wie se vrou, Chrissie, jare gelede dood is, was tydens die eerste aanval alleen in die plaashuis.

Die eerste aanvallers het blykbaar sy naam geken. “Een van die aanvallers, wat ’n gesigmasker en keps gedra het, het hom met ’n geweer gedreig en gesê: ‘Piet, ek gaan jou skiet,’ ” het Erna destyds vertel.

Hy het destyds harsingskudding opgedoen en moes steke kry om die pangawond aan sy kop te heg. Sy motor is enkele ure ná die aanval verlate op die pad tussen Orkney en Leeudoringstad gevind.

Venter het gesê hulle vermoed dat die rowers wat Donderdagoggend toegeslaan het, waarskynlik deel van dieselfde groep as die eerste aanvallers is.

Erna het vroeër gesê haar pa beplan al lankal om in September af te tree en dan by sy kinders in Pretoria te gaan woon.

Meer oor:  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.