Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou skiet magasyn leeg op plaasaanvallers
Links staan Marelie Wroe (43) saam met Marcelle Maritz van die VF Plus in Mokopane. Wroe het 18 skote op die aanvallers afgevuur en moontlik een gewond. Foto: Verskaf

Marelie Wroe (43) het net aangehou skiet – en dit het moontlik Saterdagaand haar en haar gesin se lewe in ’n plaasaanval gered.

Wroe, ’n bestuurder van die plaas Landsberghoek in Percy Fyfe buite Mokopane, sê ’n onbekende aantal mense het omstreeks 19:30 begin skiet op die plaashuis, waar sy, haar seun, Willem McDonald (25), en haar niggie Eve Clulow (45) woon.

Sy het haar vuurwapen gegryp en deur ’n venster teruggeskiet.

Lees ook: Polisie ondersoek nié skietery op plaas in Limpopo

“Ek het net aangehou skiet en het een en ’n halwe magasyn leeggeskiet,” sê ’n getraumatiseerde, maar dapper Wroe.

Sy het haar seun Saterdag in Pretoria gaan haal om by haar en haar niggie op die plaas te kom bly, juis omdat plaasaanvalle in die laaste paar weke toegeneem het.

Sy sê ’n vriend van haar seun Derick Kruger (26) het die middag ’n rukkie by hulle gekuier en sy het gevra dat hulle die plaashek moet ooplos tot hy teruggaan huis toe.

Koeëldoppies is in die bosse naby die huis gekry, van waar die aanvallers op Wroe en haar gesin geskiet het. Foto: Verskaf

“Anders moes ons die heel tyd heen en weer ry om die hek oop en toe te maak.”

Sy het omstreeks 18:30 vir die mans gesê dit is dalk tyd dat hulle hul kuiertjie kortknip sodat Kruger kon huis toe ry terwyl dit nog lig was.

Wroe sê sy was bekommerd dat hy dalk in die donker aangeval kon word aangesien hulle die afgelope twee weke probleme op die plaas ondervind het.

By die plaashek het iemand ’n skoot op Kruger geskiet.

Hy het vir Willem ’n boodskap gestuur en gevra hoekom hy op hom skiet.

“Willem het gedink Derick is besig om ’n grap te maak,” sê Wroe.

Ek het nie geregistreer hoeveel skote van die aanvallers se kant af gekom het of hoeveel ek afgevuur het nie, maar my niggie sê sy is seker sy het sewe skote van die aanvallers gehoor.

Hulle het nie in daardie stadium besef wat aangaan nie.

Sowat ’n uur nadat Kruger weg is, het Willem gaan bad. Hy was skaars in die bad toe twee skote agter die huis afgevuur word.

Wroe het by Clulow in haar kamer gesit en koffie drink toe die skote opklink.

Sy het opgespring om haar vuurwapen te gaan haal en Willem het uit die badkamer gestorm.

Sy het deur ’n oop venster in die rigting van die aanvallers geskiet en gehoor hoe een gil en val.

“Ek het nie geregistreer hoeveel skote van die aanvallers se kant af gekom het of hoeveel ek afgevuur het nie, maar my niggie sê sy is seker sy het sewe skote van die aanvallers gehoor.”

Terwyl Wroe op die aanvallers geskiet het, het Clulow hulp op die noodradio ontbied.

Loggie van der Heever en ander boere van die omgewing het hulle te hulp gesnel en na die aanvallers gesoek.

Niemand is nog in verband met die aanval aangekeer of in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Misdaad  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.