Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou skiet rower in Pep dood
Dié Pep in Roodepoort is Maandagoggend deur agt mans beroof. Foto: Google Maps

Een rower is dood en nog ’n vermeende rower in hegtenis nadat agt mans op ’n klerewinkel in Florida aan die Wes-Rand toegesak het.

Volgens sersant Mpho More, het die agt mans omstreeks 11:45 die winkel binnegegaan. Een van die aanvallers het ’n vuurwapen by hom gehad. Twee van sy makkers het die klante en personeel in die stoorkamer probeer druk, terwyl die ander die kontant in die winkel gesteel het.

“ ’n Klant het haar vuurwapen uitgepluk en een verdagte doodgeskiet. Nog ’n verdagte is in hegtenis geneem toe hy van die toneel probeer vlug het,” sê More.

Die ses ander verdagtes het wel met ’n onbekende bedrag geld weggekom.

Die man wat deur die polisie in hegtenis geneem is, sal binnekort in die landdroshof in Roodepoort verskyn.

More sê dit is nog nie seker of die vrou wat die rower doodgeskiet het van enige misdryf aangekla sal word nie. “Dit sal eers ná afloop van die ondersoek bepaal word.”

Meer oor:  Pep  |  Florida  |  Gauteng  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.