Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou steeds kritiek ná aanval met messe en gholfstok
Barnie van Heerden.Foto: Facebook

’n Vrou van Centurion is steeds in ’n kritieke toestand in die waaksaal van ’n Johannesburgse hospitaal nadat sy en haar man met messe en ’n gholfstok aangerand is.

Barnie van Heerden en sy vrou, Magda, is in hul huis in Avianlaan in Pierre van Ryneveld aangeval, het brig. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder in Gauteng, bevestig.

’n 18-jarige verdagte is Vrydag sowat 600 kilometer verder in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy was glo in ’n Uber-taxi.

Die polisie het ’n soektog van stapel laat loop na nog ’n onbekende, vroulike verdagte.

“Barnie is uit die teater en dit gaan beter met hom,” sê Frans Esterhuyse, ’n vriend van Van Heerden.

Van Heerden werk vir die Veritas Eksekuteurskamer in Centurion.

Volgens beskikbare inligting gaan dit egter nie goed met Magda in die waaksaal in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg nie.

Magda van Heerden.Foto: Facebook

Die Netcare 911-nooddiens was Vrydag om 01:42 op die toneel waar hulle die egpaar met veelvuldige steekwonde en ander beserings aangetref het.

Paramedici het gevorderde lewensondersteuning toegedien en hulle gestabiliseer en Magda met ’n noodhelikopter na Milpark gehaas.

Luidens ’n bron ná aan die saak het die egpaar se inwonende huiswerker gille gehoor en veiligheidswagte wat in die omgewing was, gaan roep. Die owerhede is toe ontbied.

Peters sê die twee verdagtes het in Van Heerden se voertuig gevlug.

Die verlate voertuig is ’n paar uur later in die Tembisa-nedersetting aan die Oos-Rand opgespoor, maar die 18-jarige is uiteindelik in Aliwal-Noord vasgetrek, aldus Peters.

Die polisie vra dat mense met inligting wat met die ondersoek kan help, die Stop Misdaad-lyn op 08600 10111 skakel.

Nooddienste op pad na die misdaadtoneel.Foto: Verskaf
Die Van Heerdens se huis waar die aanval plaasgevind het. Foto: Dennis Delport
Twee mans, waarvan die een vermoedelik die Uber-taxi-bestuurder is, op ’n teerpad in die Oos-Kaap nadat die polisie op die 18-jarige verdagte toegeslaan het. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.