Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou steek glo lewensmaat ná rusie oor man op Valentynsdag

’n Vrou het Maandagoggend op aanklag van moord in die landdroshof in Bloemhof, Noordwes, verskyn nadat sy haar lewensmaat glo op Valentynsdag in ’n woordewisseling met ’n mes doodgesteek het.

Luidens ’n polisieverklaring het die rusie Vrydagaand in ’n kuierplek in die Utlwanang- informele nedersetting buite Christiana uitgebreek toe Matshidiso Seneke (32) haar lewensmaat, Dimakatso Tadi (27), saam met ’n man sien kuier het.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het ooggetuies die polisie ontbied en is Seneke op die toneel in hegtenis geneem.

“Sy het Tadi na bewering met ’n mes bygedam en in die bolyf gesteek. Die slagoffer is na ’n nabygeleë kliniek geneem, maar is later dood verklaar.” 

Die saak is tot Dinsdag vir ’n borgtogaansoek uitgestel. 

Meer oor:  Noordwes  |  Christiana  |  Moord  |  Valentynsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.