Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou van Limpopo jongste slagoffer in reeks moorde

’n Jong vrou van Limpopo is die jongste slagoffer van ’n vlaag moorde op vroue wat die afgelope paar weke die land laat gons.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n bebloede Tshiwela Sithu (23) is Donderdagaand in Dzanani buite Thohoyandou, in ’n plas bloed gekry waar sy in ’n straat gelê het.

Sy het etlike steekwonde oor haar liggaam gehad. Omstanders het haar na ’n hospitaal gebring waar sy aan haar beserings dood is.

Ngoepe sê Sithu se 27-jarige vriend is weens die moord in hegtenis geneem.

“Ons kan nog nie sê wat die motief vir die moord was nie, maar gesinsgeweld kan nie uitgeskakel word nie.”

Die man sal Maandag in die Mphephu-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Hy het die naweek agter tralies deurgebring.

Dié moord kom nadat daar Maandag op die lyk van Thembisile Yende (29), ’n werknemer van Eskom, in ’n Eskom-substasie in Springs afgekom is. Sy was vir meer as twee weke vermis voordat haar lyk gevind is.

Niemand is nog weens haar moord in hegtenis geneem nie.

Verlede maand is die land geskok deur die wrede moord op Karabo Mokoena (22). Haar verkoolde oorskot is twee dae nadat sy as vermis aangemeld is in ’n veld in Bramley in Johannesburg gevind.

Mokoena se vermeende moordenaar het glo ’n binneband om haar nek gesit en haar aan die brand gesteek.

Sandile Mantsoe (27), haar vriend, is weens die moord in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.