Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou van O-Londen vas oor vervalste goedere

’n Vrou van Oos-Londen wat glo miljoene rande se vals handelsmerk-goedere na Suid-Afrika ingevoer het, is Vrydag voor die handelshof in Port Elizabeth gedaag.

Die polisie het vervalste goedere met ’n waarde van sowat R48 miljoen by Fong Ming Trading gekonfiskeer.

Hangmei Liu, ’n inwoner van Oos-Londen, is die enigste direkteur van dié onderneming en staan tereg op 42 983 aanklagte ingevolge die Wet op Vervalste Goedere.

Die goedere is na bewering in Junie deur die onderneming deur Port Elizabeth se hawe laat invoer.

Die vervalste handelsmerk-goedere het onder meer ingesluit horlosies van Rolex, Puma, Omega en Tissot, asook sonbrille van Dior en Gucci.

Luidens die klagstaat kan Liu, indien sy ’n eerste oortreder is en skuldig bevind word, op elk van die aanklagte ’n boete van nie meer nie as R5 000 kry, of gevangenisstraf van hoogstens drie jaar.

Die saak het Vrydagoggend vlugtig in die handelshof voorgekom, sonder dat Liu teenwoordig was.

Volgens die staat is reëlings getref dat Liu eers met haar volgende hofverskyning daar moet wees.

Die saak is tot 3 Desember uitgestel.

Liu is nie in aanhouding nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.