Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou van Welkom gekaap, in Midrand afgelaai

’n Vrou van Welkom in die Vrystaat wie se seun verlede jaar doodgeskiet is, is blykbaar Donderdagoggend gekaap, ontvoer en in Midrand, Gauteng, vrygelaat.

Colleen Horrocks, ’n verpleegsuster, is volgens inligting Donderdagoggend omstreeks 06:30 in Flamingopark, Welkom, gekaap.

Sue Randall, ’n vriendin van haar, het dit bevestig dat Horrocks gekaap en ontvoer is, maar sê sy weet nie presies wat gebeur het nie, en wag vir Horrocks om na Welkom terug te keer.

Horrocks, wat met ’n klein Hyundai-motor ry, is glo later Donderdag in Midrand afgelaai, en ’n familielid het haar daar gaan haal.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder van Welkom, sê die polisie kan nog nie die voorval bevestig nie, omdat die kaping by die polisie in Midrand aangemeld is.

Horrocks werk by Laboransan, ’n mediese diensverskaffer in Welkom. Van haar kollegas, wat anoniem wil bly, het bevestig dat sy nie Donderdagoggend by die werk opgedaag het nie.

Neil Horrocks (36) is verlede jaar vermoor. Foto: verskaf

Daar was groot kommer oor haar veiligheid, totdat dit later bekend geword het dat sy in Midrand is.

Horrocks se seun, Neil (36), ’n sjef, is in November 2018 buite ’n kuierplek in Welkom van R600 beroof.

Hy is toe doodgeskiet.

Een van die rowers se gewete het hom skynbaar gepla, en hy het die skietvoorval by die polisie gaan aanmeld.

Hy en sy makker is daarna in hegtenis geneem.

Lees: Sjef van Welkom voor kroeg doodgeskiet

Meer oor:  Welkom  |  Midrand  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.