Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas nadat seuntjie (3) byna ontvoer is

’n Vrou wat Vrydag na bewering probeer het om ’n driejarige seuntjie te ontvoer, is in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die hof.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n vrou het Vrydag na ’n winkel in Sasolburg gegaan om kruideniersware te koop.

Haar seuntjie was heeltyd naby haar, maar toe sy haar bankkaart uit haar handsak haal, het sy gesien hoe iemand met haar kind wegloop.

Makhele sê die seuntjie se ma het na die vrou gehardloop en in daardie stadium nog gedink die vrou maak ’n grap.

Die ma het aan die vrou gevra wat sy doen, waarop die vreemde vrou geantwoord het dat sy die kind gaan vat en loop.

Makhele sê die ma het volgens die verklaring die seuntjie by die vrou gegryp en gegil, waarna die vrou haar uitgelag het en geloop het.

Die bestuurder van die winkel het intussen veiligheidswagte ontbied.

Die ma van die kind het so erg aan skok gely dat sy eers teen Maandag ’n klag by die polisie ingedien het.

Die vermeende ontvoerder is tans in aanhouding en sal binnekort in die hof in Sasolburg verskyn.

Meer oor:  Vrou Vas  |  Sasolburg  |  Seuntjie  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.