Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas ná haar niggie se dood

’n Vrou (30) wat beweer het haar tienerjarige niggie het haar eie lewe in haar woonstel in Sunnyside, Pretoria, geneem, is in verband met haar moord in hegtenis geneem.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, sê die vrou het Dinsdag by die Sunnyside-polisiekantoor opgedaag om ’n selfdood aan te meld.

Die vrou en haar niggie het glo Dinsdag ’n uitval gehad. Die vrou het haar niggie daarna glo na bewering in ’n bad onder warm water ingedruk.

Die slagoffer het brandwonde oor haar hele lyf opgedoen het. ’n Lykskouing sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.

Volgens Mavimbela is die polisiebeamptes wat op die toneel was, erg getraumatiseer en sal berading kry.

Die vrou sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Meer oor:  Sunnyside  |  Pretoria  |  Brandwonde  |  Inhegtenisname  |  Selfdood  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.