Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas ná moord op man op plaas

’n Vrou wat na aan die familie is van die plaasvoorman van Groblersdal wat vroeër vandeesmaand koelbloedig in sy huis doodgeskiet is, is Dinsdagmiddag in Kempton Park in hegtenis geneem.

Die 23-jarige vrou is Dinsdag deur speurders van die polisie, wat saam met oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld Misdaadondersoeke (BMO) gewerk het, in hegtenis geneem in verband met die dood van Raymond Gregory Papapavlou (28).

Netwerk24 verneem die vrou is glo ’n vriendin van Simone Papapavlou, die vermoorde man se vrou.

Simone Papapavlou se man, Raymond Gregory, is op ’n plaas in die Groblersdal-distrik vermoor. Foto: Facebook/ Raymond Papz

Papapavlou is omstreeks middernag op 4 Oktober of in die vroeë oggendure van 5 Oktober op sy bed doodgeskiet. Hy het gewoon op ’n plaas tussen Stoffberg en Groblersdal in Limpopo.

Hy is in sy rug, drie keer in sy regtersy en in sy kop geskiet. Dit lyk nie asof daar ’n struweling in die slaapkamer was nie.

Papapavlou se vrou het in die nagtelike ure wakker geskrik van vyf skote. Sy het op ’n bank in die woonkamer aan die slaap geraak. Haar man het reeds in ’n slaapkamer geslaap.

Sy het met haar vuurwapen etlike skote geskiet en dadelik vir hulp gebel.

Dit het ná die moord gelyk asof iemand moontlik by ’n klein venster in die kombuis van die plaashuis ingebreek het.

BMO het ’n beloning van R15 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar(s) van Papapavlou.

Louwrens sê BMO het inligting gekry wat hulle na die vrou in Kempton Park gelei het.

Die polisie het die inhegtenisneming bevestig.

Die vrou sal Donderdag in die landdroshof in Groblersdal op ’n aanklag van moord verskyn.

Meer oor:  Raymond Gregory Papapavlou  |  Limpopo  |  Groblersdal  |  Ondersoek  |  Groblersdal-Moord  |  Moord  |  Plaas  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.