Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas nadat sy glo oor kaping en ontvoering jok

’n 28-jarige vrou is in hegtenis geneem op klagte van meineed, dwarsboming van die gereg en bedrog nadat sy Donderdag na bewering ’n vals klag van ontvoering en kaping by die Protea Glen-polisiekantoor in Soweto aanhangig gemaak het.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder in Gauteng, beweer die vrou onder eed in ’n verklaring dat onbekende mans haar op Woensdag 19 Mei in Mohlakeng, Randfontein, gekaap en ure lank met haar in die kattebak van haar voertuig rondgery het.

Die polisie in Gauteng, Mpumalanga en Noordwes het Woensdagnag naarstiglik na die vrou gesoek nadat ’n rits plasings op sosiale media oor haar kaping en ontvoering verskyn het.

’n Span onder leiding van genl.maj. Fred Kekana, distrikskommissaris van die Wes-Rand, senior speurders, lede van misdaadintelligensie en ander reaksie-eenhede van die polisie, het deur die nag gewerk om die “gekaapte vrou” op te spoor.

Ná verdere ondersoek het dit geblyk dat die kapings- en ontvoeringsverslag vals was. Die vrou het ’n bekentenis afgelê dat sy nooit ontvoer is nie.

Nadat sy Donderdag egter by die polisiekantoor opgedaag en die verklaring afgelê het, het die polisie glo gou agtergekom dat daar teenstrydighede in haar verklaring is.

“Ná verdere ondersoek het dit geblyk dat die kapings- en ontvoeringsverslag vals was. Die vrou het ’n bekentenis afgelê dat sy nooit ontvoer is nie.

Die polisie het beslag gelê op haar motor wat glo in die beweerde kaping gebruik is en afgekom op haar twee selfone, waaronder die een wat sy beweer het die “kapers” gesteel het, sê Masondo in ’n verklaring.

Volgens Masondo sal die vrou Maandag in die landdroshof in Randfontein verskyn.

Lt.genl. Elias Mawela, polisiekommissaris in Gauteng, sê hoewel die motief vir dié beweerde versinsel nog nie bekend is nie, “is dit iets wat as moedswillig en kwaadwillig veroordeel moet word in die lig van die tyd en hulpbronne wat die polisie onmiddellik ingespan het toe van die vermeende kaping en ontvoering verneem is”.

Hy vra die publiek om nie vals sake te rapporteer wat daartoe lei dat die polisie hulpbronne inspan “wat gebruik sou kon word om werklike ernstige en geweldsmisdaad te beveg nie”.

Meer oor:  Soweto  |  Kaping  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.