Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas nadat sy glo polisieman vermoor

’n Vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy glo ’n polisieman naby Mahikeng met ’n skerp voorwerp doodgesteek het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die 29-jarige polisieman se naam kan nog nie bekend gemaak word nie omdat dit nie seker of al sy naasbestaandes reeds oor sy dood ingelig is nie.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het intussen die gemeenskap geloof vir hul flink optrede wat tot die vinnige inhegtenisname gelei het.

Volgens brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het ’n lid van die publiek die polisie Dinsdag in die vroeë oggendure gekontak nadat gille in ’n huis in Rhodes Park naby Mahikeng gehoor is.

“Die polisie is dadelik na die toneel, waar hulle die polisiekonstabel in ’n plas bloed aangetref het. Hy is na ’n hospitaal gehaas, maar met sy aankoms dood verklaar. Die lid was nie aan diens toe hy aangeval is nie.”

Volgens Naidoo het ’n ooggetuie ’n 33-jarige vrou as ’n verdagte uitgewys, waarna sy in hegtenis geneem is. “Dit het tydens die voorlopige ondersoek aan die lig gekom dat die konstabel en die verdagte glo stry gekry het voordat hy doodgesteek is.”

Die vrou verskyn Donderdag in die landdroshof in Mmabatho op ’n aanklag van moord.

Sithole sê die polisie “kan nie oorbeklemtoon” watter belangrike rol gemeenskappe speel om misdaad saam met die polisie te identifiseer, te voorkom en te ondersoek nie. “Ons vra steeds dat Suid-Afrikaners by hul plaaslike gemeenskapspolisiëringforums (GPF’s) aansluit om seker te maak ons stop misdaad. Ons eer die dapper manne en vroue wat saam met ons werk en inligting oor misdade verskaf.”

Inligting oor misdade kan verskaf word deur die MySAPS-toepassing af te laai, of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Mahikeng  |  Polisieman  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.