Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas vir vuurwapens en ammunisie in Belhar

Die bende-eenheid in Kaapstad het ’n 26-jarige vrou vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Die onwettige vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê inligting is Woensdag opgevolg oor ’n ongelisensieerde vuurwapen wat by ’n adres in Uitbreiding 13 in Belhar gehou word.

“Volgens inligting was daar ’n verdagte by dié adres wat in besit was van ’n onwettige vuurwapen. Geen vuurwapen is egter in die klopjag gevind nie, maar daar is wel verdoemende bewyse van ’n onwettige vuurwapen op die verdagte se selfoon gekry.”

Van Wyk sê die polisie het inligting opgevolg wat hulle na ’n ander huis in Uitbreiding 13 geneem het waarheen die vuurwapen glo verskuif is.

“Met die deursoeking van huis is ’n .357 Magnum Taurus-rewolwer, 9 mm Glock-magasyn en elf 9 mm-patrone in ’n skoenkas in die huis gekry. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn,” het Van Wyk gesê.

Intussen het lede van die Tableview-polisiekantoor twee verdagtes, ’n 19-jarige vrou en ’n 36-jarige man, Woensdagoggend omstreeks 06:00 in ’n onverwante voorval in Tableview vir die besit van onwettige stowwe in hegtenis geneem.

Die lede, gewapen met ’n lasbrief, het inligting opgevolg oor ’n dwelmhandelaar wat die Atlantis-omgewing besoek en wat by ’n adres in Tableview woon.

Die geld en dwelms wat in Tableview gevind is.Foto: Verskaf

Van Wyk sê die polisie het groot hoeveelhede kristalmetamfetamien gevind, asook twee skale wat gebruik word om dwelms te weeg en ’n onbekende bedrag kontant.

Die twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Meer oor:  Belhar  |  Kaapstad  |  Ammunisie  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.