Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou vas wat kêrel vermoor

’n Vrou van Victoria-Wes in die Noord-Kaap is in hegtenis nadat sy na bewering Vrydagaand haar 38-jarige kêrel vermoor het.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, was die paartjie omstreeks 19:45 in ’n stryery betrokke toe die 26-jarige vrou ’n skerp voorwerp gegryp en die man in sy bors gesteek het.

Die man is op die toneel dood verklaar en die vrou is in hegtenis geneem.

Sy sal binnekort in die hof in Victoria-Wes op ’n aanklag van moord verskyn.

In ’n onverwante voorval in Roodepan in Kimberley is ’n 19-jarige man vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy 19-jarige vriend aangeval en hom in die nek gesteek het.

Ramatseba sê ’n argument het tussen die twee mans ontstaan waarna die verdagte sy vriend aangeval het.

Die slagoffer is in ’n hospitaal in Kimberley opgeneem.

Die verdagte sal binnekort in die hof in Kimberley op ’n aanklag van poging tot moord verskyn.

Ramatseba sê die polisiebestuur in die Noord-Kaap het gemeenskappe gevra om eerder na vreedsame oplossings te soek om hul geskille op te los as om na geweld oor te gaan.

“Geweld is nie die antwoord om probleme op te los nie en lei net na die dood en gebroke gemeenskappe.”

Meer oor:  Mohale Ramatseba  |  Victoria-Wes  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.