Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou voor Gautrein-stasie aangerand, beroof

’n Vrou is Donderdagaand voor die Rhodesfield-Gautreinstasie in Kempton Park aangeval en beroof.

Die 33-jarige vrou het van die trein afgeklim en was op pad na haar motor wat buite die stasie geparkeer was.

Riëtte du Plessis, ’n paramedikus van SecPro’s (Security Professional Services) wat die vrou op die toneel behandel het, sê die vrou is na ’n plaaslike hospitaal gebring.

Sy het ’n kopwond opgedoen en verskeie beserings aan haar hande. Du Plessis sê die vrou se wangbeen is moontlik ook in die aanval gebreek.

Sers. Sharon Tsotsotso, ’n polisiewoordvoerder, sê twee mans het die vrou tot by haar motor agtervolg.

Die rowers het haar vasgepen en haar sak gegryp.

“Toe die vrou om hulp skreeu, het die aanvallers twee skote afgevuur. Niemand anders is gelukkig in die skietery beseer nie,” sê Tsotsotso.

Die rowers het met die vrou se selfoon en skootrekenaar gevlug.

’n Saak van roof en aanranding word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit is die tweede keer in amper ’n maand wat ’n passasier voor die Rhodesfield-stasie aangeval word.

Kubeshni Chetty (35) het in April omstreeks 18:30 van die trein afgeklim en na haar voertuig gestap wat in Ansonstraat, reg oorkant die hoofuitgang van die stasie, geparkeer was.

Sy is ook deur twee mans aangeval. Een het haar op haar wang geslaan toe sy nie afstand van haar rugsak wou doen nie en het ook ’n skoot afgevuur.

Meer oor:  Kempton Park  |  Misdaad  |  Beroof  |  Aangerand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.