Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou wat glo jaag ry verkeersvrou dood

’n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy Donderdagoggend ’n beampte van die Johannesburgse metropolisie omgery het.

Die vrouebeampte, Noluthando Mboneni (39), was besig om verkeer tussen die M1 noord en Marlboroweg te beheer toe die ongeluk gebeur het.

Na bewering het die verdagte, wat in haar vroeë 20’s is, te vinnig gery.

Wayne Minnaar, woordvoerder vir die Johannesburgse metropolisie, sê die voorval het omstreeks 08:20 gebeur.

Minnaar sê die vrou het na bewering aan die verkeerde kant van die pad gery en motors verbygesteek wat geduldig op die beampte se instruksies gewag het.

“Ons vermoed sy het gejaag en was ongeduldig omdat sy verskeie motors verbygesteek en toe ons kollega getref het. Nadat die beampte omgery is, het die bestuurder ook ’n verkeersteken getref,” sê hy.

Sy is op die toneel in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag.

Luyanda Longwe, woordvoerder van Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, sê: “Ongelukkig, ondanks pogings deur paramedici om die beampte by te bring, is sy op die toneel dood verklaar.

“Sy word oorleef deur haar man en drie kinders, waarvan die jongste 11 maande oud is.

Meer oor:  Noluthando Mboneni  |  Jmpd  |  Doodgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.