Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoering: Vrou wat gesoek word is glo van Ierland
’n Foto van die driejarige seun van Michelle Estran (46), wat die polisie Donderdag uitgereik het.
Michelle Estran (46)

’n Vrou (46) van Ierland word deur die polisie in die Wes-Kaap gesoek nadat sy nie ingevolge ’n hofbevel by die polisiekantoor in Wellington aangemeld het nie.

Die polisie het Donderdag bevestig dat ’n lasbrief vir Michelle Estran (46) se inhegtenisneming uitgereik is nadat sy na bewering ’n bevel van die hooggeregshof oortree het.

Die hofbevel hou verband met ’n saak van internasionale kinderontvoering, volgens kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder.

Lees vorige beriggewing oor die ontvoering hier.

Estran word vergesel deur haar drie jaar oue seun en die polisie het ook ’n foto van die kind uitgereik.

Enigiemand met inligting oor Estran en waar sy haarself bevind, kan kol. Johan Barkhuizen by 082 777 6380 bel of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Ierland  |  Misdaad  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.