Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou wat oor moordsaak uitvra in hegtenis geneem

’n Jong familielid is in die Bloemspruit-polisiekantoor in hegtenis geneem vir die opspraakwekkende moord op ’n vrou van Bloemside in Bloemfontein.

Die 23-jarige vrou het glo Dinsdagoggend na die polisiekantoor gegaan “om te hoor hoe dit gaan met die moordondersoek” van Susan Schoonwyk (48), en is toe self in hegtenis geneem.

Die vermoorde Susan Schoonwyk. Foto: André Damons

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die vrou is in die polisiekantoor in hegtenis geneem, maar sy wou nie sê hoe die vrou met die moord verbind word nie.

Sy wou ook nie sê of enige ander mense by die moord betrek word nie en sê net die ondersoek duur voort.

Die verdagte verskyn na verwagting Donderdag op aanklag van moord in die landdroshof in Bloemspruit.

Schoonwyk is in die vroeë oggendure van 23 Januarie in haar huis vermoor toe sy deur ’n onbekende aanvaller doodgesteek is.

Sy is in haar rug gesteek toe sy glo teen haar aanvaller baklei het om haar dogter en kleindogter te beskerm.

Hlubi sê die vinger het reeds in die moordondersoek na die jong vrou gewys wat ’n nabye familielid van die vermoorde Schoonwyk is.

* Schoonwyk en haar familie is in 2014 ook in rou gedompel toe haar sewejarige seun, Karabo, in ’n waterkanaal naby hul huis beland het en hy deur die water meegesleur is. Sy lyk is ’n week later gevind.

Twee jaar voor dié tragiese voorval het haar ander seun, Maundrea (toe 20), homself in die huis opgehang.

Meer oor:  Susan Schoonwyk  |  Sers. Ikobeng Hlubi  |  Bloemfontein  |  Moord  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.