Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou wat sê Mabuza wil moor, agter tralies

’n Vrou wat adj.pres. David Mabuza daarvan beskuldig dat hy deel is van ’n komplot om ’n sakeman van Mpumalanga te vermoor, is deur die Valke in hegtenis geneem.

Sy het na bewering geld ontvang om Mabuza valslik te beskuldig.

Adj.pres. David Mabuza

Die 31-jarige vrou, wat haarself voorgedoen het as Mabuza se niggie, is Woensdag in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê die vrou het in ’n eedsverklaring op 5 November 2018 “ontstellende” bewerings gemaak dat Mabuza planne het om ’n sakeman wat met ekotoerisme werk, te vermoor. Die verklaring is by die Sandton-polisiekantoor afgelê.

Volgens Mulaudzi is daar bewyse dat die vrou geld ontvang het om haar vals verklaring af te lê.

“Enorme bedrae geld is aan die beskuldigde betaal nadat die verklaring afgelê is.”

Die vrou is op ’n uitkenningsparade uitgewys as die persoon wat die verklaring ingedien het, sê Mulaudzi.

Sy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Nelspruit verskyn op aanklagte van bedrog, vervalsing.

Meer oor:  David Mabuza  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.