Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou wat swanger was, steel glo baba by kliniek
Bokang King is Donderdag omstreeks 15:45 buite die Bloemspruit-kliniek in Bloemfontein ontvoer. Foto: Verskaf

’n 38-jarige Bloemfonteinse vrou wat glo vroeër haar ongebore baba verloor het, verskyn Donderdag in die landdroshof in verband met die ontvoering van ’n babaseun buite ’n kliniek in die stad.

Die twee maande oue Bokang King is verlede Donderdag omstreeks 15:45 buite die kliniek in die Bloemspruit-woonbuurt ontvoer. Sy ma, Kgomotso King (18), het die kliniek ingegaan om medikasie te kry en die baba gelos by ’n vrou wat agter haar in die ry gestaan het.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, is King Dinsdag met sy ma herenig nadat hy in ’n huis in Fase 6 in die Bloemspruit-omgewing gevind is. Die baba was ongedeerd en is medies ondersoek voordat hy met sy ma herenig is.

Makhele sê die verdagte was vroeër swanger, maar het haar baba verloor. “Sy was glo te bang om die nuus aan haar man, wat buite die stad werk, oor te dra. Sy het dit ook oorweeg om ’n kind aan te neem, maar is meegedeel dat die proses tydsaam is.”

Makhele sê die vrou was Donderdag by die kliniek en het Kgomotso en haar baba gesien en met haar begin gesels.

“Sy het die ma meegedeel dat sy nie die kliniek met haar baba mag binnegaan nie en aangebied om na hom te kyk terwyl die ma die medisyne gaan haal. Sy het daarna met die kind verdwyn.”

baba
Die ma en baba nadat hulle herenig is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Baba  |  Gesteel  |  Kliniek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.