SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou wond aanvaller ná sy in nek gesteek is
Foto ter illustrasie.

’n Vrou wat in ’n plaasaanval met ’n skroewedraaier in die nek gesteek is, kon daarin slaag om een van haar aanvallers te wond.

Die 48-jarige vrou is Vrydagaand oorval in haar kantoor op ’n plaas in die Kabeljauws-omgewing naby Jeffreysbaai, Oos-Kaap.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou was in haar kantoor op die plaas besig om administratiewe werk af te handel.

Dit was onstreeks 20:30 toe sy vreemde geluide buite haar kantoor hoor.

Eers nadat die vrou twee gewapende aanvallers voor die venster gesien het, het sy besef dit is nie haar man wat buite rondbeweeg nie.

“Een van die verdagtes het op die vrou begin skiet en sy het terugbaklei,” sê Swart.

In die struweling is die vrou deur een van die aanvallers in die nek gewond, vermoedelik met ’n skroewedraaier.

Die vrou het ook ’n vuurwapen by haar gehad en verskeie skote afgevuur. Een van haar aanvallers is in die bolyf getref, sê Swart.

Die gewonde verdagte is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking versorg word.

Hy sal in die landdroshof in Humansdorp verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

Volgens Swart is die verdagte se makker nog soek.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en poging tot huisbraak.

Die vrou het mediese behandeling ontvang.

Swart kon nie die vrou se naam bevestig nie.

Meer oor:  Kabeljauws  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.