Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou ‘wou mes was’ ná sy glo man steek

Nadat Karin Geldenhuys haar man, Pieter, glo twee weke gelede in hul huis in Marlothpark in Mpumalanga met ’n slagtersmes in sy bolyf gesteek het, wou sy die mes was en die bloed van die vloer af mop.

“Ons moes haar keer om dit te doen,” sê Nadine Edgecombe van die Marlothpark-gemeenskapspolisiëringsforum.

Pieter Geldenhuys en sy vrou, Karin. Sy het hom na bewering met ’n slagtersmes gesteek.

Pieter (56), ’n landmeter, is ’n paar uur later in die Mediclinic in Nelspruit dood.

Gerrie Camacho, wat die aand by die Geldenhuys-egpaar oorgeslaap het en ’n jarelange vriend van Pieter is, het Vrydag vertel hoe hy vergeefs sy gewonde vriend probeer help het.

Gerrie, wat ook in Marlothpark woon, het die aand by die Geldenhuyse gebraai en toe besluit om daar oor te slaap.

Gerrie het gehelp om die skottelgoed binnetoe te dra en is toe na sy kamer. Pieter het gaan stort en daarna met ’n handdoek om sy lyf na die kombuis gegaan.

‘Karin, nee, nee moenie.’

“Ek het gehoor hoe Karin sê ‘moenie aan my raak nie’. Toe sê Pieter: ‘Karin, nee, nee, moenie.’ ”

Daarna het Pieter om hulp geroep. “Toe ek by Pieter kom, was daar gate in sy bors en sy en die bloed het uit sy lyf gespuit.”

Hy het Pieter probeer help. Hulle het in die bloed gegly en saam op die grond neergesak.

Gerrie het lank mond-tot-mond-asemhaling op Pieter toegepas. Karin (49) was die hele tyd op haar selfoon besig.

Gerrie het uiteindelik ’n GPF-lid gebel om hulp te ontbied en paramedici het Pieter hospitaal toe geneem.

Sedert die voorval ontvang Gerrie traumaberading. “Ek het vir vyf dae glad nie geslaap nie en kan steeds nie reguit dink nie,” het hy Vrydag gesê.

Pieter was die aand voor sy dood baie opgeruimd en het grappies vertel, sê Gerrie.

“Hy het nog vir my ’n ingewikkelde wiskundesom verduidelik.”

Edgecombe sê toe sy kort ná die voorval by die Geldenhuyse se huis aankom, was Karin kalm. “Sy wou die mes was en ’n mop vat om die vloer te was,” het Edgecombe gesê. Toe sy later by die huis weg is, het sy vir Gerrie gevra om seker te maak die huis is skoon wanneer sy tuiskom.

Karin, wat reeds in die hof verskyn het, woon glo steeds in die egpaar se huis.

Pieter se seun Dewald (30), het die afgelope week by sy huis in Johannesburg gesê hy is baie kwaad en geskok. Sy pa is in Augustus 2013 met Karin getroud.

Meer oor:  Moord  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.